Geskiedkundige opening vir Rooies!

HTS Middelburg het met die begin van die nuwe skooljaar ook hul eerste amptelike opening in die splinternuwe ouditorium gehou! Dit was ‘n groot luukse vir veral die seuns om elkeen op hul eie stoel te kan sit in teenstelling met die saal waar hulle soos sardientjies ingeryg was op die vloer. As ‘n man nie gou genoeg sy sit gekry het nie, het hy in die lug bly hang… die nuwe sit-ervaring is vir die massa Rooies “uit die boontste gestoeltes” (alias oom Oubaas)! Die Gr. 11- en 12-seuns en –dogters sit op die gallery wat rondom die vloerspasie loop. Gr. 8-10-leerders sit op die grondvlak. Die skool het soos een man vir mnr. Dolf Jonker ‘n staande applous gegee vir die gewaarwording van sy breinkind en al die ure se harde werk wat hy persoonlik reeds in die afronding ingeploeg het.